Tuine, Kaapstad

Hiedie artikel handel oor die voorstad in Kaapstad. Vir die voorstad in Pretoria, sien Pretoria Tuine.
Tuine
Voorstad
Kaart van Tuine
Kaart van Tuine
Tuine is in Cape Town
Tuine
Tuine
Kaart van Tuine
Koördinate: 33°56′0″S 18°24′0″O / 33.93333°S 18.40000°O / -33.93333; 18.40000
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Metropolitaanse MunisipaliteitKaapstad
Oppervlak
 • Totaal1,90 km2 (0,73 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal7 960[1]
 • Digtheid4 200/km2 (11 000/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
8001
Skakelkodes021

Tuine is een van Kaapstad se oudste voorstede en is net suid van die middestad geleë in die hoër gedeelte van die stadsbekken. Dit is direk onder Tafelberg geleë. Dit is 'n welvarende buurt en word meestal deur jong professionele mense bewoon. Dit beskik oor talle restaurante, hotelle, boetiekwinkels asook solderbehuising. Die voorstad is 'n sentrum vir die Kaapstadse kreatiewe bedryf, dit huisves e.tv by Langkloof Studios en ook heelwat modelagentskappe, produksie- en publikasiemaatskappye en verwante bedrywe.

Twee van die bekendste skole in die voorstad, is die Laerskool Jan van Riebeeck en die Hoërskool Jan van Riebeeck. Ander skole in die voorstad, is die Engelstalige Handelshoërskool Tuine, Hoërskool Kaapstad, Hoërskool Good Hope Seminary en Laerskool St. Mary.

Leeuwenhof, die ampswoning van die premier van die Wes-Kaap, is in Hofstraat in Tuine geleë.

  1. Subplek Gardens Sensus 2011

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy